top of page
Screenshot_20250914_201916_Instagram.jpg
IMG_4182.JPG

Alles
en nog meer!

REëLS EN SAMEVATTING VAN ONS FEES.

Allegretto Toneelfees 2026

 

2026 is ons agtste nasionale fees vir tienertonele met Hoërskool Stoffberg, Hoërskool Ermelo, Hoërskool Eldoraigne en Hoërskool Fichardt Park, Helpmekaar Kollege en Hoërskool Strand onder andere as gasheerskole. Ons benodige 'n ingerigte gasheerskool of instansie in KZN vir 'n nuwe WEEK daar,

Ons wil vir skole nog ‘n optreevlak bied en ons is baie opgewonde oor julle belangstelling toon in ons projek. Met hierdie brief wil ons graag ons toneelfees se formaat aan julle bekendstel. Ons het in 2025 ‘n baie suksesvolle jaar gehad en ons poog om elke jaar net te verbeter en te groei. Ons eerste jaar van laerskool produksies ons TeenieTonele was ook in 2025 met groot Sukses.

Belangrike Punte:

  • Produksies moet 'n minimum tydsduur van 20 minute wees en mag nie 60 minute oorskry nie. TeenieTonele maksimum van 40 Minute, minimum van 15 Minute.

  • Daar word 5 minute toegeken vir opdra en 5 minute vir afdra van dekor wat ingesluit is in die 60 / 40 (TeenieTonele)minute. As 'n toneel die tyd oorskry kan hulle nie in aanmerking kom vir die semi-finaal nie. 

  • Daar word ‘n 50 minute vir Tienertonele en 30 Minute vir TeenieTonele - repetisietyd aan elke produksie toegeken vir tegniese oefening. Hierdie tye sal deur gegee word sodra ons alle inskrywings ontvang het. Daar sal ‘n klank en beligtingstegnikus wees om die studente te help in hulle oefentyd. Ons versoek dat die gegewe tyd slegs gebruik sal word vir tegniese aspekte en nie vir oefening nie. As daar enige spesiale versoeke is kan julle dit stuur vir Wayne van der Schyff-Smal se aandag na hierdie epos adres. - faktoneelfees@gmail.com

  • Die lokaal word met julle aankoms en registrasie aan elke skool toegeken.

Belangrike Datums:

  • Plek besprekings  :   Nou oop stuur week, datum en hoeveel tonele na hierdie epos adres om teleurstelling te voorkom.    

    • Sluitingsdatum vir inskrywings                                                 :   30 April 2026(bespreek solank julle plekke per epos)                              

    • STOFF WEEK(Hoërskool Stoffberg)                                          :   20 - 24 Julie 2026

    • STOFF WEEK SEMI-FINAAL                                                    :   25 Julie 2026

    • GAMPU WEEK(Springs Teater)                                                 :   27 Julie & 31 Julie 2026

    • GAMPU WEEK SEMI-FINAAL                                                 :   02 Augustus 2026(Sondag)

    • ELDOWEEK(Centurion)                                                             :   03 - 07 Augustus 2026

    • ELDOWEEK SEMI-FINAAL                                                      :   08 Augustus 2026

    • BLOEM WEEK(Bloemfontein)                                                    :   11 - 14 Augustus 2026

    • BLOEM WEEK SEMI-FINAAL                                                  :   15 Augustus 2026

    • NOG NIE BEKEND WEEK                                                         :   17 - 19 Augustus 2026

    • NOG NIE BEKEND FINAAL                                                      :   20 Augustus 2026

    • ERMELOWEEK(Vrystaat)                                                          :   24 - 26 Augustus 2026

    • ERMELOWEEK SEMI-FINAAL                                                 :   27 Augustus 2026

    • KAAP WEEK                                                                               :   02 - 04 September 2026

    • ALLEGRETTO TONEELFEES FINAAL                                     :  Sal bekend gemaak word Suid Afrikaanse Staatsteater(September)

Ons Formaat:

  •  Na afhandeling van die WEEKSuitdunne word daar elke keer die Top produksies geselekteer met die hoogste algehele punt.

  • Die produksies word beoordeel deur ‘n paneel beoordelaars wie kennis, ondervinding en agtergrond in teater of televisie drama/sepie het. Daar sal veral gepoog word om beoordelaars te nooi wie ondervinding van tienertonele het t.o.v. afrigting asook skryf van tekste.

  • Sertifikate word vir alle aspekte elke aand gedurende die WEEKSuitdunne toegeken. Toneelgroepe word versoek om te wag tot aan die einde van 'n betrokke program. Sodoende kan al die deelnemers en afrigters hulle repliek en uitslae ontvang en met hul verskeie skole en ouers deel. As die skole vir een of ander rede nie die prysuitdelings kan bywoon nie is dit die skool/produksie se verantwoordelikheid om hulle sertifikate te kom afhaal. WEEKSuitdunne se sertifikate sal elektronies binne 48 uur gestuur word na die regisseurs.

  • Op die laaste aand tydens WEEKSsuitdunne word daar nominasies aangewys in die volgende kategorië: - (produksies wat nie op die laaste aand optree nie sal telefonies in kennis gestel word as hulle ‘n nominasie ontvang het, let asb daarop dat jy kan nogsteeds genomineer word al is jou produksie nie deel van die WEEKS semi-finaal nie).

  • Verhoogbestuurder (Beoordelingproses is reeds deel met die eerste tegniese repetisie).

  • Beligting en ontwerp (Beoordelingproses is reeds deel met die eerste tegniese repetisie).

  • Klank en samestelling (Beoordelingproses is reeds deel met die eerste tegniese repetisie).

  • Dekor

  • Ensemble

  • Choreografie

  • Nuut Geskrewe Teks

  • Regisseurs

  • Byspeler(Vroulik)

  • Byspeler(Manlik)

  • Hoof karakter(Vroulik)

  • Hoof karakter(Manlik)

  • Hieronder volg die toekennings wat op die FINAAL gemaak sal word.

  • BESTE Verhoogbestuurder. 

  • BESTE Beligtingsoperateur. 

  • BESTE Klankoperateur.

  • BESTE Tegniese Aspekte

  • BESTE EN GEPASTE Dekor/stel.

  • BESTE Kostuums

  • BESTE Grimering

  • BESTE Spesiale Effekte op 'n Verhoog

  • BESTE Ensemble(groepwerk).

  • BESTE Choreografie.

  • BESTE Nuut Geskrewe Teks.

  • BESTE Regisseur/s.

  • BESTE Komiese Byspeler(Vroulik).

  • BESTE Drama Byspeler(Vroulik).

  • BESTE Komiese Byspeler(Manlik).

  • BESTE Drama Byspeler(Manlik).

  • BESTE Hoof Komiese karakter(Vroulik).

  • BESTE Hoof Drama karakter(Vroulik).

  • BESTE Hoof Komiese karakter(Manlik).

  • BESTE Hoof Drama karakter(Manlik).

  • BESTE FEES GEES - Groepe wat toneel in alle opsigte ondersteun.

  • MEES Belowende Speler - Karakter wat uitgestaan het.

  • MEES Veelsydigste Speler - Iemand wat enige rol kan aanvat

  • BESTE Leerling produksie – ‘n produksie waar ALLES deur studente/leerders behartig is.

  • BESTE Komediese/Klug/Musiek Blyspel Stuk.

  • BESTE Dramatiese Stuk.

  • Beste Ander (Absurde, Fisiese, Eksperimenteel, Magiese Realisme, Riller ens).

  • GehoorGunsteling - Soos gestem deur die gehoor

  • BESTE FEESPRODUKSIE (Hoogste punte op die NASIONALE FINAAL behaal).

Na afloop van die WEEKS Semi-finale word die TOP produksies aangekondig(Hoogste punte tussen al die WEEKS Semi-finaliste) en hulle tree dan op en ding mee om die gesogte Allegretto Toneelfees Wisseltrofee asook kontant pryse, wat insluit kursusse ens. Die wenners (1ste, 2de en 3de plekke) word op die NASIONALE FINAAL aangewys. Alle genomineerdes in die reeds vermelde kategorië moet ook asseblief teenwoordig wees by die betrokke NASIONALE FINAAL vir die uitslae.

Ingang/kaartjies vir toeskouers is as volg: WEEKSuitdunne : R90.00 per persoon. WEEKS Semi-Finaal : R110.00 per persoon. Deelnemende skole word versoek om die projek te bemark om sodoende te verseker dat ons vol gehore elke aand het. Deelnemers mag gratis kyk na die produksies tydens hul optree-dag. Toegangsbalkies sal aan hulle voorsien word. Op enige ander dag word daar vir skoliere ook toegang gevra wie deel uitmaak van die gehoor.

Die pad na die Nasionale Finaal:

  • Beoordelaars sal na afloop van elke uitdun kort repliek lewer. Meer volledige uitslag met elektroniese terugvoer sal via whatsApp aan afrigters gestuur word. Dit sal verseker dat groepe ook net kan verbeter aan hulle optrede of aspekte van die spesifieke toneel.

  • Toekennings word na afloop van elke uitdun gemaak as volg:

  • Brons sertifikaat (70% en 78%) - ELEKTRONIES

  • Silwer sertifikaat (79% en 85%) - ELEKTRONIES

  • Goue sertifikaat (86% en 100%) - ELEKTRONIES

  • Alle geregistreerde deelnemers ontvang Deelname Sertifikate(ELEKTRONIES vanaf die Allegretto Toneelfees vir behoorlike erkenning by jul skole. Maak asseblief doodseker dat name en vanne korrek gespel is tydens registrasie. Sertifikate word elektronies gewhatsapp en moet afgelaai word voor dit verval - ons probeer om altyd alle dokumentasie dieselfde dag te whatsapp.

  • Die TOP produksies word dan genooi na die Saterdag of Sondagaand – dus is dit die produksies wat die hoogste punt in algemeen behaal het tydens hulle WEEKS uitdunne. Hierdie produksies speel dan vir die hoogste punt wat hulle kan behaal om sodoende dan deur te kan dring na die Nasionale FINAAL. 

  • Elke skool wie deurdring na die WEEKS Semi-finaal word versoek om 'n minimum van 10 kaartjies te koop teen R110.00 per persoon. Dit sal 'n behoorlike gehoor vir die aand verseker om sodoende ons top produksies te ondersteun. Na die afloop van die laaste WEEKS Semi-finaal dan word die TOP produksies genooi na die NASIONALE  FINAAL wat in die Suid Afrikaanse Staats Teater plaasvind. Die TOP 6 Tienerproduksies, TOP 3 TeenieTonele en Top2 Amateur Tienerproduksies dring hierna deur. Hierdie is die GALA aand waar top toekennings toegeken word. Daar sal 2 Optree dae wees en een groot prysuitdeling.

  • Ons vra dat die studente wat optree ook die ander produksies MOETl ondersteun.

  • Beoordelaarsbeslissings is finaal en geen redevoering of kontak met beoordelaars word toegelaat nie.

  • Na afloop van al die Nasionale Finaal sal die TOP 3 produksies aangekondig word. Die Nasionale FINAAL sal plaasvind en die WENNER sal by die OPPIWATER KUNSTEFEES speel. AS JOU PRODUKSIE SOU WEN IS DIT DIE TONEELGESELSKAP SE VERANTWOORDELIK OM DIE GELDE IN TE SAMEL VIR DIE PAKKET VAN DIE BOOTREIS.  

Volg die volgende stappe: - inskrywingsvorms is op webtuiste (TUIS).

  • Epos asseblief na faktoneelfees@gmail.com om julle plekke te bespreek. Gebruik die onderstaande formaat asseblief,

  1. Inskrywingsvorm (beskikbaar op ons webtuiste fakallegrettotoneelfees.co.za). 

  2. Kontakbesonderhede van organiseerder.

  3. Hoeveel stukke gaan deelneem.

  4. Enige spesiale versoeke (tegnies).

  5. Tekste.

  6. Plakkate (Vir bemarkingsdoeleindes).

  7. 'n Kort beskrywing van 40 woorde oor die produksie. (Vul in op inskrywingsvorm)

  • Inskrywingsgelde vir hoërskole beloop R1050.00 & Laerskole beloop 850.00 per stuk, betaal asseblief as volg: (mOnOfees is R350.00 per inskrywing)

  • ABSA bank

  • Rekeningnommer : 908 689 4062

  • Takkode : 632005

  • Verwysing : Skoolnaam + produksie

  • Inskrywingsvorms is op die webtuiste beskikbaar. Maak asseblief seker van spelling om foute op sertifikate te voorkom.

  • Program sal volg asook repetisietye vir tegnies sodra program gefinaliseerd is.

  • Let daarop : Geen gelde is terugbetaalbaar as program gefinaliseerd is nie.

 

Ons sien baie uit om julle te verwelkom by ons fees. Voel asseblief vry om my te skakel of whatsapp op 083 469 5723 of stuur ‘n epos na faktoneelfees@gmail.com of gaan kuier op ons webtuiste fakallegrettotoneelfees.co.za.

Ons Span

Kobus van der Schyff-Smal  -  Toneelfees Organiseerder

- 083 469 5723

Wayne van der Schyff-Smal  -  Tegniese Aspekte

- 083 251 3637

DSC01938.jpg

KONTAK ONS

TEL: 083-469-5723

EPOS : faktoneelfees@gmail.com

Ons is altyd beskikbaar

  • Grey Facebook Icon

© 2018 Allegretto Toneelfees

bottom of page