Ons verskeie
Kategorië & Wenners
Ons by die FAK Allegretto Toneelfees voel dat dit moeilik is om tonele soos drama, komedie en die verskeie ander vorme van eenbedrywe met mekaar te vergelyk. Daarom het ons dit goed gedink om ons eie unieke manier te kry om alle tonele in hulle kategorie 'n kans te gee om uit te staan. Sien hieronder ons verkillende kategorië waar volgens julle kan inskryf.
FAK Allegretto Toneelfees Kategorië
Komedies of 'n musikaal : Dis enige stuk wat komies is of wat lewendige sang gebruik in hulle produksies.
2019 Wenner : Hoërskool Hugenote met SKRYF
2020 Wenner : Geen asgevolg van Covid19
2021 Wenner : Hoërskool Hugenote met JY.VROU
2022 Wenner : Hoërskool Hugenote met IDEES
2023 Wenner : Hoërskool Hugenote met DIE DORP
Dramaties : Hierdie stukke is gewoonlik meer ernstig en spreek kwessies aan wat die hart raak.
2019 Wenner : Hoërskool Noordheuwel met Waterbrief
2020 Monoloog Wenner : Hoërskool Noordheuwel met Vry
2021 Wenner : Hoërskool Noordheuwel met Vier Vingers
2022 Wenner : Hoërskool Noordheuwel met Middernagstad
2023 Wenner : Hoërskool Noordheuwel met As Sinkdakke kon skree
Enige Ander : Dit sluit enige toneelstuk in die formaat van Absurd, Dans-dramas, Fisiese Teater, Magiese Realisme ens.
2019 Wenner : Hoër Afrikaans Meisies - Pretoria met Selene en die Sekeleiland(Magiese Realisme)
2020 Wenner : Geen asgevolg van Covid19
2021 Wenner : Hoërskool Waterkloof met Molshoop(Absurd)
2022 Wenner : Hoërskool Noordheuwel met Bloedval(Riller)
2023 Wenner : Hoërskool Eldoraigne met Pappa sit my op jou skoot(absurd)
Fees Produksie
Ons benoem dan ook die produksie wat die beste gevaar het in algeheel by ons fees. Hierdie produksie het op alle vlakke uitgestaan en ook die hoogste punt bereik op die FINAAL wat in die Voortrekker Monument se Senotaafsaal plaasvind. Die WENproduksie/s speel ook by die OPPIWATER KUNSTEFEES.
2019 HOëRSKOOL NOORDHEUWEL met WATERBRIEF
2020 HOëRSKOOL NOORDHEUWEL met VIER VINGERS
2021 HOëRSKOOL NOORDHEUWEL met VRY(DIGI)
2022 DEEL HOëRSKOOL HUGENOTE met IDEES &
HELPMEKAAR KOLLEGE met 'N EINDE
2023 HOëRSKOOL HUGENOTE met TUSSEN DIE LANG GRASSE